ATKV- GEDIGTEKOMPETISIE

Om in hierdie kompetisie deel te neem, moes jy ‘n gedig skryf gebaseer op die gegewe tema. Hierdie jaar se tema was “ONS JEUG ONS HOOP“.

Die doel van hierdie kompetisie is om die liefde vir Afrikaans by kinders te kweek. “Deurdat ons nie net “wenners” beloon nie, maar ‘n sertifikaat aan elke deelnemende leerder gee, is daar kinders wat elke jaar deelneem en het dit al verskeie kere gebeur dat van die aanhouers wel so ontwikkel het, dat hulle pryswenners kon word,” sê die organiseerders van die gedigtekompetisie in ’n mediaverklaring.

In totaal het ongeveer 25 Evers ingeskryf. Ons evers het kreatiewe, inspirerende en beslis hoogstaande gedigte ingegee. Ons wil baie geluk aan die volgende Evers wens: Leandré Burger, wat 3rde plek in die Graad 4-5 katagorie gekom het, Kyla Morsbach, wat spesiale vermelding in die Graad 6-7 katagorie ontvang het en Raani Hussain wat in die Graad 6-7 katagorie, 2de plek ontvang het.

Baie dankie aan al ons Evers wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het. Ons is baie trots op julle en julle uitstekende prestasies!