Verlede week Woensdag, 15 Mei 2019, het al die slimkoppe van omliggende skole bymekaargekom vir hierdie jaar se Evervasvra. Die skole wat deelgeneem het sluit in: Laerskool Durbanville, Paarl Primêre Seunskool, Laerskool Coutrai, Laerskool Panorama, Curro Durbanville en natuurlik ons eie skool, Laerskool Eversdal. Elke skool het drie spanne van vyf leerders gehad. Dit het bestaan uit dié wat die meeste antwoorde korrek gehad het in die Evervasvra toets wat vooraf geskryf is deur al die leerders.
Die aand het begin met Mnr. Anton Nortier en Mev. Hettie Spangenberg wat elkeen ‘n woordjie te sprake gehad het en toe spring almal weg met 5 vinnige opwarmingsvrae. Die vrae is deur die leerders geatwoord deur gebruik te maak van Mimio toerusting en toepassings. Die leerders kon Ipads gebruik en al die vrae was veelvuldige keuse. Dit het alles net afgehang van spoed, algemene kennis en om nie die verkeerde knoppie te druk nie.
Die drie topskole was in 1ste plek Coutrai span A, 2de plek Coutrai span C en in 3de plek Paarl Primêre Seunskool span B. Ongelukkig het ons Evers nie hierdie keer presteer nie, maar daar is altyd ‘n volgende keer! Dit was groot pret!