KNYSNA KRIEKETTOER 2019

Die Knysna krieket toernooi was hierdie jaar weer ‘n groot sukses. Beide die o13A en B spanne het gaan toer. Ons het Donderdagoggend, 19 September 2019, vroeg vanaf die skool vertrek. Die weer in Knysna het die jaar baie mooi saam gespeel. Altwee ons spanne het baie goeie resultate opgelewer. Die B-span het veral teen ander skole se A-spanne te staan gekom. Hulle eerste wedstryd het vir baie opwinding gesorg met Eversdal wat die wedstryd met 3 lopies gewen het.

Die A-span het altwee hulle wedstryde gewen met Grey Pe wat ons grootste oorwinning was. Dit was ‘n goeie wedstryd met ons wat baie “guts” gewys het nadat ons vir 61 uit geboul was. Ons het na afloop van dit vir Grey uit geboul vir net 57 lopies.

Die laaste wedstryd op Sondag, 22 September, het uitgereën. Die A-span kon darem so 20 boulbeurte trotseer in erge reën omstandighede.

Die Evers het die toer baie geniet en dit was baie suksesvol. Ek wil hulle bedank vir hulle goeie maniere en die wyse waarop julle die wedstryde met ‘n positiewe gesindheid benader het en altyd bereid was om te leer. Dankie aan Mnre Leon, Coach Gary, Kelvin en Gabriël vir hulle harde werk en manier hoe hulle die manne hanteer het.