Wêreld vroue biddag

-deur Mieke van der Poel

Wêreld vroue biddag het goed afgeloop by Eversdal. Die ma’s en hul dogters het die aanbieding by Eversdal Laerskool baie geniet. Om die oggend reg te begin het die dogters en hulle ma’s lofliedere gesing en daarna het Mev. Brenda Visser die aanbieding begin.

Mev. Visser vertel n storie oor Anisa, n dogterjie, en haar families wat na Die V.K. gevlug het met net die klere wat hulle dra. Hulle was brand arm, maar sy het nogsteeds na ‘n Laerskool toe gegaan. By die Laerskool ontmoet sy Susan, haar vriend, wat die kerk gekry het om vir Anisa en haar families te help. Anisa se ma en pa het toe goeie werk gekry en hulle het in ‘n warm huis gebly. Hierdie gebeur met baie mense en die punt van hierdie storie is, almal sukkel op ‘n ander manier en ons moet vir mekaar uitkyk.

Daarna het vier graad 7 dogters vir ons gebid om die aanbieding aftesluit. Eversdal Laerskool het die ma’s baie spisiaal laat voel en hulle het dit baie geniet.