![](https://enn.eversdal.org.za/wp-content/uploads/2018/09/DSCN01188.jpg)
Op Saterdag 1 September 2018 het die leeders van Laerskool Eversdal hulle laaste wedstryd van wintersport gespeel vir 2018.
Die verwagtinge was hoog vir die Evers veral die 0/13’s wat hulle laaste wedstryd gespeel het in Eversdal klere. Dit was ‘n sonnige dag en rondom middag ete het die 0/13A-rugbyspan afgeskop vir die laaste wedstryd van die dag. Dit was ‘n rowwe wedstryd en jy kon sien dat elke man sy heel beste gegee het vir die laaste wedstryd.
Die Evers het bo uitgekom en na die wedstryd was die emosies hoog en jy kon orals die geklik en geklak van die kameras hoor.
Dit was ‘n suksevolle dag en ‘n goeie afsluiting vir alle 0/13 sportsoorte. Ons as Evers wens jul voorspoed toe en sterkte met dit wat voorlê.